Luister nou

Die DA en ANC vergader verder oor die begroting

Deur Pretoria FM Nuusspan

Gesprekke tussen die ANC en die DA oor die begroting is vanmiddag voortgesit nadat onderhandelinge Vrydag ‘n dooiepunt bereik het.

‘n Betroubare bron het aan News24 gesê dat die ANC ná Vrydag se gesprekke die DA genader het om samesprekings voor te sit voordat die begroting Woensdag ter tafel gelê word. Volgens dié bron is vandag se gesprekke meer suksesvol.

Die DA het vroeër gesê hy soek meer beheer oor die land se ekonomiese beleid, en wil toegelaat word om meer betrokke te wees by die besluitnemingsproses. Die DA wil ook nie instem tot ‘n verhoging in BTW nie. Dit is glo van die redes waarom Vrydag se gesprekke platgeval het.

Volgens die bron is ‘n ooreenkoms moontlik, maar so ‘n ooreenkoms is nog nie bereik nie. Die DA, het volgens News24, Vrydag gesê dat “dit al hoe meer wil voorkom asof die ANC aspris redes soek om die RNE te laat misluk sodat ‘n alternatiewe ooreenkoms met die EFF bereik kan word.”

One Response

  1. Hou op Lieg. Laat die ANC in Hul moer in Vlieg. Gooi Hul in die Tronk
    Hul stel ons vrot en vrek van die honger. Hoeveel mense dit Sonder werk…. Kyk hoe het Hul gevlieg oor covid…… Maak n plan
    Dat Ons beter Kan lewe ons is AL Ou mense. Asb

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou