Luister nou

Mashatile: “Nuwe transformasiefonds sal nié nóg ‘n broeiplek vir korrupsie wees nie”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Adjunk-president, Paul Mashatile, het onderneem om maatreëls in plek te stel om te keer dat korrupsie die regering se nuwe transformasiefonds lamlê.

Hy het vanoggend die transformasiefonds geloods by ‘n ontbyt-geleentheid in Pretoria.

Die voorgestelde fonds mik daarna om oor die volgende vyf jaar R100-miljard in te samel, met bydraes wat vrywillig uit beide die openbare en privaatsektor kom.

Mashatile meen selfs 31 jaar na die aanvang van Suid-Afrika se demokrasie is daar nog baie werk wat gedoen moet word om billike en inklusiewe ekonomiese vryheid te bereik. Hy sê Suid-Afrika staar tans een van die hoogste vlakke van ekonomiese ongelykheid wêreldwyd in die gesig.

Dié fonds het ten doel om besighede, wat in swart besit is, te ondersteun en hul rol in die land se ekonomiese groei te versterk. Hy het vandag as ‘n belangrike dag in die geskiedenis van Suid-Afrika beskryf omdat die land een stap nader is aan ekonomiese transformasie.

Sommige opposisiepartye vrees dat die geld gesteel kan word indien daar nie teenkorrupsie-maatreëls ingestel word nie.

3 Responses

  1. By my kry hierdie korrupte spul leeglêers nie een sent nie.
    Hulle het alles opgevoetter en gesteel sedert 1995 tot en met vandag, en het nou nog nie opgehou daarmee of enigge van die skelm kaders vervolg nie, verder wil skelms ons nog onteien ook. Te moer met hulle almal. Ek wonder of die gemors besef hoe naby hulle aan burger oorlog is. Was dit nie vir Trump wat hulle in die bek gerruk het nie, was die hel al moontlik los in die land.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou