Luister nou

Luister: Slag van Majuba – 144 jaar later

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die slag van Majuba, het vandag 144 jaar gelede op 27 Februarie 1881 plaasgevind.
Dit was die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog. Die Britse Generaal George Colley het in die nag van 26 Februarie 1881 met nagenoeg 405 Britse soldate die berg Majuba vanuit Mount Prospect aan die suidekant bestyg.

Tydens ‘n vorige Majuba-fees.

Weens die steilte en die nag was die bestyging van die berg uiters moeilik. Die Britse manskappe is op die kruin van die berg geplaas ten einde met die hoogte en ligging daarvan ’n strategiese oorwinning oor die Boere te kon behaal.
Die Boere het eers die oggend van 27 Februarie 1881 besef dat die Britse mag die berg bokant hul stellings beset het. Die Boere het egter nie gevlug nie maar onder aanvoering van Generaal Nicolaas Smit georganiseer en die berg bestorm.
Die Britte is vanuit alle hoeke deur die boere bestorm. Generaal Smit se opdrag was dan ook dat elke Engelsman wat sy kop oor die kruin steek onder lood gesteek moes word.
Van die 405 Britte het net 118 oorleef. Die 120 Skotte het die swaarste gely – slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap.
Na afloop van die Slag is die ZAR en die Boerevolk se vryheid met ’n vredesverdrag aan die hange van die berg in O’Niell se kothuis onderteken weer herstel.
Die jaarlikse Majubafees vind hierdie naweek tot Sondag 2 Maart plaas. Susan Botha het met die hooforganiseerder van die fees, Alwyn de Klerk gesels.
Luister na die onderhoud op Spotify: https://open.spotify.com/episode/4tm3kwgNgTxyQAPX8cTT4X?si=TlCu36R-ST2LYoUyDNIoTQ
Bron: Majuba Berg 1881

Die Boervolk en sy Vryheid,
op beginsels vasgeslaan.
Het dwars in die pad
van onregverdigheid gestaan.
Vandag het ons geslagte
vryheid nooit gesien.
Ons het vergeet hoe dit voel
om ‘n groter doel te dien.
Bly trou aan Boer beginsels,
Kom! Ontdek jou erfenis.
By Majuba sal jy sien
wie die Boere werklik is!

 

Hooffoto: Juan-Pierre Martin Vermaak.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Witkruismonument 3 - Lex Libertas

Drie slagoffers van plaasaanvalle op pad na Washington

Internasionale Perspektief nuut

Trump moet op suksesrekord fokus en nie vreemde afleidings nie

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 11 September 2026

Sonkrag - Colorado Clean Energy Fund

Suid-Afrikaners moet binne drie weke sonkrag registreer

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

’n Aanval op die hart van Amerika

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Voel jy soos die ou troosprysie?
Dr. Corné Mulder
VF Plus: Groen gaan dít vir gemeenskappe doen
El Nino
Boere moet nou al beplan vir die sterkste El Niño nóg
Witkruismonument 3 - Lex Libertas
Drie slagoffers van plaasaanvalle op pad na Washington
Internasionale Perspektief nuut
Trump moet op suksesrekord fokus en nie vreemde afleidings nie

Luister nou