Pretoria FM het anoniem by ‘n betroubare bron verneem dat die Afrikaanse nuusbulletin se skeduleringsfout wel ‘n fout was – maar is glo nie die skeduleringsfout wat die SABC-bestuur deurgegee het nie.
Die bron het gemeld dat dit hoorsê is en nie direk van ‘n spesifieke bron af nie. Die bron sê dit is die gange vol, “jy kan enigiemand vra as jy instap by SABC nuus wat net so iets van die binnekringe af weet.”
Die anonieme bron het vertroulik aan Pretoria FM onthul dat die SAUK se topbestuur van plan was om die Afrikaanse nuusbulletin op Saterdae te laat wegval, maar dat dit eers van eerskomende naweek af sou gebeur.
LEES OOK: Afrikaanse nuus “verdwyn” weens skeduleringsfout
Die bron sê dat die waarde van Afrikaans en spesifiek die Afrikaanse televisienuusbulletin al vir ’n geruime tyd misken en slegs verdra word.
Die SAUK het in ’n verklaring gesê die bulletin is nie Saterdag uitgesaai nie weens ‘n skeduleringsfout en dat die uitsaaier nie van plan is om die Afrikaanse nuus te verwyder of af te skaal nie.
AfriForum het egter steeds snuf in die neus gehad en het gister ’n PAIA-aansoek aan die SAUK gerig om amptelike inligting te verkry oor die toekoms van Afrikaanse TV-nuusuitsendings. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey het met Esté Gross gesels.
One Response
Afrikaans is die moedertaal van die hele Afrikaansspekende bevolking in S.A. Dis die grondwetlike reg van elke taalgroep om in sy eie taal bedien te word.