Luister nou

Luister: Afrikaanse TV-nuus glo wél in SABC se visier

Deur Pretoria FM Nuusspan

Pretoria FM het anoniem by ‘n betroubare bron verneem dat die Afrikaanse nuusbulletin se skeduleringsfout wel ‘n fout was – maar is glo nie die skeduleringsfout wat die SABC-bestuur deurgegee het nie.

Die bron het gemeld dat dit hoorsê is en nie direk van ‘n spesifieke bron af nie. Die bron sê dit is die gange vol, “jy kan enigiemand vra as jy instap by SABC nuus wat net so iets van die binnekringe af weet.”

Die anonieme bron het vertroulik aan Pretoria FM onthul dat die SAUK se topbestuur van plan was om die Afrikaanse nuusbulletin op Saterdae te laat wegval, maar dat dit eers van eerskomende naweek af sou gebeur.

LEES OOK: Afrikaanse nuus “verdwyn” weens skeduleringsfout

Die bron sê dat die waarde van Afrikaans en spesifiek die Afrikaanse televisienuusbulletin al vir ’n geruime tyd misken en slegs verdra word.

Die SAUK het in ’n verklaring gesê die bulletin is nie Saterdag uitgesaai nie weens ‘n skeduleringsfout en dat die uitsaaier nie van plan is om die Afrikaanse nuus te verwyder of af te skaal nie.

AfriForum het egter steeds snuf in die neus gehad en het gister ’n PAIA-aansoek aan die SAUK gerig om amptelike inligting te verkry oor die toekoms van Afrikaanse TV-nuusuitsendings. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey het met Esté Gross gesels.

 

One Response

  1. Afrikaans is die moedertaal van die hele Afrikaansspekende bevolking in S.A. Dis die grondwetlike reg van elke taalgroep om in sy eie taal bedien te word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Amazon

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys

Boer is nie vir sissies nie

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou

Meelbom landscape

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 4 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube by podium
Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube
Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye
Trump wil nog name verander
Orania
Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania
Amazon
Amazon ontken “wit uitsluiting”
Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys
Boer is nie vir sissies nie

Luister nou