Luister nou

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Deur Redaksie

Heinrich Marnitz

Die afgelope naweek se ultralae verbyvlug oor die DHL Stadion in Kaapstad het die sportwêreld in rep en roer gehad het.

Verduidelikings oor die veiligheidsmaatreëls wat getref is, asook oor die kundiges wat by die beplanning betrokke was, het nie die beswaardes oortuig nie.

Ongelukkig het die nadraai baie van die euforie oor die spannende Springbokoorwinning teen Nieu-Seeland oorskadu.

Dit is natuurlik nie die eerste keer wat so ’n verbyvlug uitgevoer is nie. Die eerste groot vreugde-verrassingsvlug het tydens die Wêreldbekereindstryd op Ellispark in 1995 plaasgevind.

Daardie dag in 1995 op Ellispark was dit ’n aangename verassing, met kaptein Laurie Kay in beheer. Die vlugte oor die DHL stadion in Kaapstad was, om die minste te sê, vir sekere toeskouers benouend.

Sedert die 1995-verbyvlug het dit reeds by verskeie sportgeleenthede gebeur dat ’n passasiersvliegtuig  oor die sportstadion vlieg.

Sulke verbyvlugte was ook nie altyd positief nie. Op 12 September 1981 het die sogenaamde Meelbomtoets in Auckland in Nieu-Seeland plaasgevind. Tydens die derde rugbytoets in Auckland tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika het twee mans in ’n eenmotorige Cessna-vliegtuig 80 minute lank heen en weer oor die veld en die skare gevlieg. Meelbomme is met elke oorvlug op die rugbyspelers afgegooi.  Dreigemente is ook vooraf geuiter dat die vliegtuig in die pawiljoen kon vasvlieg. Gelukkig het dit nie gebeur nie, maar die herinneringe aan daardie dag is blywend.

Om 07:15 op Saterdagoggend 5 September word ’n kort klankbeeld van daardie dramatiese gebeure in 1981 op Pretoria  FM uitgesaai.  Dit is saamgestel deur Heinrich Marnitz.

Foto:  Wessel Oosthuizen

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-82-04-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Eating on a dime

Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag

Fotokrediet: AfriForum

Ouers het tot middernag om kinders te plaas

Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News

Soektog in Pretoriuskop eindig tragies

Fotokrediet: InBoundSA

SA Airlink word steeds ondersoek

Amazon-logo

Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 4 September 2026
Supermark
Voedselreuse dalk ondersoek oor hoë pryse
Fotokrediet: Eating on a dime
Suid-Afrika vier Internasionale Spekdag
Fotokrediet: AfriForum
Ouers het tot middernag om kinders te plaas
Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News
Soektog in Pretoriuskop eindig tragies

Luister nou