Luister nou

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Deur Redaksie

Heinrich Marnitz

Die afgelope naweek se ultralae verbyvlug oor die DHL Stadion in Kaapstad het die sportwêreld in rep en roer gehad het.

Verduidelikings oor die veiligheidsmaatreëls wat getref is, asook oor die kundiges wat by die beplanning betrokke was, het nie die beswaardes oortuig nie.

Ongelukkig het die nadraai baie van die euforie oor die spannende Springbokoorwinning teen Nieu-Seeland oorskadu.

Dit is natuurlik nie die eerste keer wat so ’n verbyvlug uitgevoer is nie. Die eerste groot vreugde-verrassingsvlug het tydens die Wêreldbekereindstryd op Ellispark in 1995 plaasgevind.

Daardie dag in 1995 op Ellispark was dit ’n aangename verassing, met kaptein Laurie Kay in beheer. Die vlugte oor die DHL stadion in Kaapstad was, om die minste te sê, vir sekere toeskouers benouend.

Sedert die 1995-verbyvlug het dit reeds by verskeie sportgeleenthede gebeur dat ’n passasiersvliegtuig  oor die sportstadion vlieg.

Sulke verbyvlugte was ook nie altyd positief nie. Op 12 September 1981 het die sogenaamde Meelbomtoets in Auckland in Nieu-Seeland plaasgevind. Tydens die derde rugbytoets in Auckland tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika het twee mans in ’n eenmotorige Cessna-vliegtuig 80 minute lank heen en weer oor die veld en die skare gevlieg. Meelbomme is met elke oorvlug op die rugbyspelers afgegooi.  Dreigemente is ook vooraf geuiter dat die vliegtuig in die pawiljoen kon vasvlieg. Gelukkig het dit nie gebeur nie, maar die herinneringe aan daardie dag is blywend.

Om 07:15 op Saterdagoggend 5 September word ’n kort klankbeeld van daardie dramatiese gebeure in 1981 op Pretoria  FM uitgesaai.  Dit is saamgestel deur Heinrich Marnitz.

Foto:  Wessel Oosthuizen

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-82-04-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou