Die Amerikaanse president Donald Trump het ’n nuwe voorstel vir ’n naamsverandering gemaak – dié keer wil hy hê die staat New Mexico moet moontlik “New America” genoem word.
Trump het die voorstel op sosiale media gemaak, maar New Mexico se goewerneur, Michelle Lujan Grisham, het dit onmiddellik van die hand gewys.
Sy sê die staat se naam is nie oop vir debat nie en dateer selfs van voor die ontstaan van die Verenigde State.
Trump het onlangs ook voorgestel dat die Straat van Hormoes na die “Trump Strait” hernoem word.
Hy het reeds die Golf van Mexiko tot die “Golf van Amerika” hernoem – ’n stap wat deur Mexiko verwerp is.
Kanada het eweneens sy poging om Lake Ontario te hernoem, verwerp.