Luister nou

Afrikaanse nuus “verdwyn” weens skeduleringsfout

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n skeduleringsfout het daartoe gelei dat die Afrikaanse nuusbulletin die afgelope naweek nie op SABC2 uitgesaai is nie.

Die SAUK het nog nie ‘n woord gerep oor die afwesigheid van die bulletin nie.

LEES OOK: “SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”

Volgens berigte was daar op die nippertjie besluit om die bulletin na SABC3 te skuif, maar dat die kanaalhoof nie daarvan bewus was nie en daar dus nie plek was vir die bulletin nie.

Malatsi sê die bulletin sal komende naweek weer terug wees.

Afrikaanse kykers was omgekrap toe die bulletin nie Saterdag, soos gewoonlik, om 18:15 uitgesaai is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Luister nou