Luister nou

KleuterZone se beleggingsdividende vyf dae later steeds nie betaal nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Moneyweb berig dat die omstrede sake-onderneming, KleuterZone, teen 10 Maart nog nie beleggingsdividende vir Maart betaal het nie.

Dié publikasie sê hy het met agt beleggers gepraat wat gewoonlik teen die 7de van elke maand hulle opbrengste ontvang het.

Hulle is glo verlede week ingelig dat die onderneming nie die geld op die 7de kon uitbetaal nie omdat dit op ‘n Vrydag geval het – maar het onderneem om dit teen die 10de van dié maand te betaal – wat nie gebeur het nie.

Berigte is ook ontvang van eienaars wat nie hul huurgeld ontvang het nie met ‘n boodskap van die onderneming wat aangedui het dat die finansiële jaareinde daartoe gelei het dat dit vandeesmaand laat uitbetaal sal word.

LEES OOK: Kleuterzone dalk in die mark

Dit kom na die nuus gister dat die direkteur van die groep, Anthonie Bougas glo beoog om die groep te verkoop.

Dit volg nadat ’n kernfiguur in die groep se topbestuur, Kobus Schoeman, Sondagaand in ’n WhatsApp-boodskap gesê het ’n groot firma wil Kleuterzone in sy geheel oorneem.

Sedert die media begin vrae vra het oor die volhoubaarheid van die kleuterskoolgroep se sakemodel, het Bougas, glo die land saam met sy persoonlike assistent verlaat en bevind hy hom glo tans in Thailand.

Bougas se prokureur, Frederick van Zyl van Van Zyl Scheepers-prokureurs het intussen in ‘n e-pos aangekondig dat hy nie verder vir Bougas sal verteenwoordig nie en alle medianavrae na Bougas verwys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Lioness with cub in the Kruger National Park South Africa

Leeu-opname in Kgalagadi-oorgrenspark om bevolking te monitor

Marion-eiland

Veranderende winde werp nuwe lig op klimaatsverandering

Dean Macpherson - EWN

Minister maak bevindings oor ineenstortings bekend

Fotokrediet: Wikipedia

AfriForum vertrou dat samewerking voordelig is

Bankkrot

900 besighede reeds vanjaar bankrot

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026
Polisielogo
SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings
Fotokrediet: Moneyweb
Absa neem administrasie van pensioenfonds oor
Lioness with cub in the Kruger National Park South Africa
Leeu-opname in Kgalagadi-oorgrenspark om bevolking te monitor
Marion-eiland
Veranderende winde werp nuwe lig op klimaatsverandering

Luister nou