11 Maart 2025
Die direkteur van die Kleuterzone-kleuterskoolgroep, Anthonie Bougas beoog glo om die groep te verkoop.
Dit volg nadat ’n kernfiguur in die groep se topbestuur, Kobus Schoeman, Sondagaand in ’n WhatsApp-boodskap gesê het ’n groot firma wil Kleuterzone in sy geheel oorneem.
Sedert die media begin vrae vra het oor die volhoubaarheid van die kleuterskoolgroep se sakemodel, het Bougas, glo die land saam met sy persoonlike assistent verlaat en bevind hy hom glo tans in Thailand.
Bougas se prokureur, Frederick van Zyl van Van Zyl Scheepers-prokureurs het intussen in ‘n e-pos aangekondig dat hy nie verder vir Bougas sal verteenwoordig nie en alle medianavrae na Bougas verwys.
Esté Gross het op Impak met die redakteur van Moneyweb, Ryk van Niekerk, gesels oor hul ondersoek na Kleuterzone.
Luister hier:
Foto: Kleuterzone
2 Responses
Ek wou my seuntjie van 2 jaar in een van die skole plaas , tot ek met n mede kleuterzone ouer gepraat het , waarop sy vir my vertel het dat hulle plaas kinders van alle ouderdom in een klas met een onderwyser en so het haar 1 amper 2 jaarige dogtertjie vol krap merke en byt merke huis toe gegaan , hulle wou nie vir haar sê wat gebeur het nie & het toe op die oueind skoon gekom. Van die skole het te min onderwysers en daar word nie daaraan gewerk nie. Hy verdien om geen skool te besit nie!