Die stigter van die Kleuterzone-groep, Anthonie Bougas is vanoggend voorlopig in die hooggeregshof in Pretoria gesekwestreer.
Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n grootskaalse ponzi-skema bedryf het.
Die gesamentlike likwidateurs van Kleuterzone, Rikus Hartman en Susan Lapoorta het ‘n week gelede die dringende sekwestrasie-aansoek teen Bougas gebring om hom persoonlik aanspreeklik te hou vir sy beweerde wanbesteding van maatskappygeld.
Dit kom nadat berigte aan die lig gekom het dat Bougas glo miljoene rand van Kleuterzone se geld gebruik het om onder meer te dobbel.
Volgens Hartman en Lapoorta het hulle probeer om die aansoek op Bougas te beteken, maar kry hom en sy ma, Rensche nie in die hande nie. Hulle glo hy het in Februarie na Bangkok, Thailand gevlug, sonder enige planne om terug te keer.
Volgens ‘n 5 April-berig op Netwerk24 het Bougas na bewering in een dag R1,87-miljoen uitgedobbel. Sedert verlede jaar het sy dobbel-rekening reeds meer as R10-miljoen beloop.
One Response
Hoekom kan hy/hulle nie uitgelewer word aan SA nie? Is daar n saak gemaak by Interpol en die Thaise owerhede ingelig? Daai arrogante mannetjie moet kom pa staan vir sy skelm en agterbakse houding daar is hoeveel mense wat dalk hulle laaste spaar of pensioen geld verloor het!! Kan Carte Blanch nie ook bietjie gaan rond krap nie?