Luister nou

Fikile Mbalula: BTW-verhoging in begroting is net tydelik tot ekonomie verbeter

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die ANC se sekretaris generaal Fikile Mbalula sê die beoogde BTW verhoging van 0,5% – wat in die begroting ter tafel gelê is – is nie permanent nie, en sal onttrek word sodra die ekonomie verbeter.

Mbalula het vroeër vandag die media toegespreek na afloop van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) vergadering.

Mbalula sê die ANC het van die staanspoor af gesê dat hy nie ‘n 2% verhoging in BTW sal steun nie, en sê die 0,5% verhoging is net tydelik.

Hy sê die gesprekke met die DA oor die party se steun vir die begroting, is steeds aan die gang, en dat daar nog nie ‘n ooreenkoms is nie.

4 Responses

  1. As jy eers jou spore begin doodvee met leuens… moet jy weet jou einde is naby.

  2. Wanneer het die ekonomie ooit gegroei? Niks in SA was ooit tydelik nie. MAW nog n 30 jaar …..

  3. Dink jy ons is stupid? BTW GAAN NOOIT AF NIE!!! Ons is nie onder kalkoene uitgebroei nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou