Die minister van polisie, Senzo Mchunu het erken dat hy verkeerd was toe hy die skoolhoof van die Bergview College, in Matatiele in die Oos-Kaap, as ‘n verdagte in ‘n verkragtingsaak van ‘n 7-jarige kind geïdentifiseer het.

Die dogtertjie is glo in Oktober verlede jaar verkrag. Dié saak het egter onlangs opslae gemaak toe die kind se ma, ’n administratiewe beampte by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, haar tot TikTok gewend het, waar sy beweer het die skool probeer haar kind se verkragting toesmeer.
LEES OOK: Oos-Kaapse skool opdrag gegee om te deregistreer na verkragting
Mchunu het ‘n brief aan AfriForum se Privaatvervolgingseenheid gerig waarin hy om verskoning gevra het aan die eenheid se hoof, advokaat Gerrie Nel en die skoolhoof, Jaco Pieterse. Die privaatvervolgingseenheid verteenwoordig Pieterse.
Mchunu sê in die brief dat dit nooit sy bedoeling was om Pieterse, of enige ander rolspeler se naam sleg te maak nie.
Hy het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n verklaring wat op 29 Maart deur sy departement uitgereik is, waarin daar beweer word dat die polisie drie verdagtes, insluitend die skoolhoof, geïdentifiseer het. Volgens hom het hy sy goedkeuring vir die verklaring gegee op grond van inligting wat hy ontvang het.
LEES OOK: Minister van Polisie skuld Bergview College-hoof ’n verskoning
“Ek is egter later ingelig dat die inligting verkeerd was, en dit sal nou intern deur die Nasionale Polisiekommissaris hanteer word.”
2 Responses
Nee jou rasis! Dis omdat die hoof n wit vel het! Skande dat sy naam en repetasie
Deur jou besoedel is! Jys n gewetenlose onbevoegde wat maandeliks geld van die staat ontvang. ! Karma gaan jou inhaal, jy is nie vlekloos nie maar donners onbevoeg vir jou pos!
Die probleem lê egter by die politieke partye wat n rassekaart gegooi het. Fikile en Malema móét krimineel vervomg word vir hulle ongevraagde uitdagings.