Die voormalige tesourier van die ANC in Noordwes, Suliman Carrim is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem, nadat hy versuim het om voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek te verskyn.
Die 49-jarige Carrim is gisteraand vasgetrek, kort voordat hy ‘n vlug na die Verenigde Arabiese Emirate sou haal.
Carrim word by korrupsie en twyfelagtige transaksies met die omstrede sakeman, Vusimuzi “Cat” Matlala betrek.
Hy sal na verwagting vandag in die Pretoriases Landdroshof verskyn.