Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, SASSA, het die betaaldatums vir November se maatskaplike toelaes weens die plaaslike regeringsverkiesing vervroeg.
Pensioenarisse ontvang hul geld op 30 Oktober, ongeskiktheidstoelaes op 2 November en kindertoelaes op 3 November.
’n Vierde betaaldatum, 5 November, is vir begunstigdes wie se toelaes hersien word, opsygesit.
SASSA maan begunstigdes om op amptelike kennisgewings te reageer en teen verkeerde inligting waaksaam te wees.