Luister nou

ActionSA maak die werklike prestasie van 2025 se matrikulante bekend

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

ActionSA het die matrikulante van 2025 geluk gewens met die voltooiing van hul Nasionale Senior Sertifikaat en erken die toewyding van die onderwysers en gesinne wat hulle ondersteun het, maar sê hoofopskrif-slaagsyfers weerspieël nie die ware prestasie van Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel nie.

Die party het gesê hy het ‘n ontleding met behulp van ‘n aanvaarde stelsel gemaak, wat meet hoeveel leerlinge matriek slaag in verhouding tot die 1,14 miljoen leelinge wat in 2023 Graad 10 betree het en daarvolgens het die effektiewe voltooiingskoers tot 57,7% gedaal.

ActionSA sê ten spyte van die minister van basiese onderwys se triomfantelike retoriek, het byna die helfte van die leerlinge wat die finale fase van skoolopleiding begin het, nie matriek suksesvol voltooi nie.

Die party het bygevoeg dat die syfers ’n stelsel weerspieël wat steeds leerlinge verloor deur uitval, herhaling en onbetrokkenheid, lank voordat hulle ooit die eksamenlokaal bereik.

ActionSA het ook sy kommer uitgespreek dat 590 skole steeds van puttoilette gebruik maak, nadat die regering meer as ‘n dekade gelede belowe het om dit te verwyder.

Die party sê hy voorheen gevra vir die afskaffing van die 30%-slaagpunt ten gunste van betekenisvolle minimum standaarde, en gestruktureerde akademiese ondersteuning vir leerlinge wat tekort skiet.

ActionSA meen Suid-Afrika het ’n onderwysstelsel nodig wat geskik is vir ’n moderne ekonomie en gebruik maak van ‘n tweestroom-onderwysmodel vanaf Graad 10, wat leerlinge ’n werklike keuse bied tussen akademiese en beroepsgerigte rigtings.

Gewilde Nuus

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Fotokrediet: Netwerk24

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Padlangs

Wees lig!

Internasionale Perspektief nuut

VSA kry oorhand oor Iran

Untitled design (31)

Ek staan hier sonder hare of borste

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel
Brandstof 1
Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag
Stefan2
Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog
Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo
Konstitusionele hof wys aansoek van die hand
Fotokrediet: Netwerk24
Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Luister nou