Luister nou

ActionSA maak die werklike prestasie van 2025 se matrikulante bekend

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

ActionSA het die matrikulante van 2025 geluk gewens met die voltooiing van hul Nasionale Senior Sertifikaat en erken die toewyding van die onderwysers en gesinne wat hulle ondersteun het, maar sê hoofopskrif-slaagsyfers weerspieël nie die ware prestasie van Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel nie.

Die party het gesê hy het ‘n ontleding met behulp van ‘n aanvaarde stelsel gemaak, wat meet hoeveel leerlinge matriek slaag in verhouding tot die 1,14 miljoen leelinge wat in 2023 Graad 10 betree het en daarvolgens het die effektiewe voltooiingskoers tot 57,7% gedaal.

ActionSA sê ten spyte van die minister van basiese onderwys se triomfantelike retoriek, het byna die helfte van die leerlinge wat die finale fase van skoolopleiding begin het, nie matriek suksesvol voltooi nie.

Die party het bygevoeg dat die syfers ’n stelsel weerspieël wat steeds leerlinge verloor deur uitval, herhaling en onbetrokkenheid, lank voordat hulle ooit die eksamenlokaal bereik.

ActionSA het ook sy kommer uitgespreek dat 590 skole steeds van puttoilette gebruik maak, nadat die regering meer as ‘n dekade gelede belowe het om dit te verwyder.

Die party sê hy voorheen gevra vir die afskaffing van die 30%-slaagpunt ten gunste van betekenisvolle minimum standaarde, en gestruktureerde akademiese ondersteuning vir leerlinge wat tekort skiet.

ActionSA meen Suid-Afrika het ’n onderwysstelsel nodig wat geskik is vir ’n moderne ekonomie en gebruik maak van ‘n tweestroom-onderwysmodel vanaf Graad 10, wat leerlinge ’n werklike keuse bied tussen akademiese en beroepsgerigte rigtings.

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou