Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is op soek na meer wit, Indiër en bruin beamptes, aangesien dié groepe steeds onderverteenwoordig in die polisiemag is.
Wit beamptes maak 1,4% van die polisiemag uit, met Indiër-beamptes 1,2% en bruin beamptes 6,4%.
In minder as 24 uur is daar meer as 150 000 aansoeke ontvang vir slegs 5 500 poste vir polisieleerlinge in die huidige werwingsinisiatiewe.
Die werwingsportaal het Woensdag om middernag geopen en meer as 29 000 aansoekers het reeds hul aansoeke afgehandel en ingedien. Aanlyn aansoeke sluit op 13 November.
Die nasionale polisiewoordvoerder, kol. Amanda van Wyk sê dat die SAPD oor die jare minder aansoeke van onderverteenwoordigde rassegroepe opgemerk het.
Volgens van Wyk is die huidige werwingsinisiatief ook daarop gemik om gespesialiseerde eenhede binne die SAPD te versterk.
Minderheidsgroepe nie opsetlik uitsluit
Cachalia het vroeër bewerings ten sterkste ontken dat die polisie minderheidsgroepe opsetlik uitsluit.
Dit volg ná kommer oor die jongste dienspliginname, waar slegs sowat 9% van die nuwe lede gesamentlik uit wit, bruin en Indiër-kandidate bestaan het, teenoor 91% swart rekrute.
Volgens Cachalia voldoen dié syfers nie aan die diensbillikheidsteikens nie, en skryf die kwessie toe aan te min aansoeke uit was asook kandidate wat nie aan die toelatingsvereistes voldoen nie.
Cachalia het benadruk dat dat die polisie geen praktyk wat enige rassegroep in sy werwing- en keuringsprosesse stelselmatig marginaliseer, onderskryf of in werking stel nie.