Luister nou

Regstryd oor die uitlewering van internasionale misdadigers word voortgesit

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die regstryd oor die uitlewering van beskuldigde misdadigers uit die buiteland na Suid-Afrika gaan môre in die konstitusionele hof voort.

Die Nasionale Vervolgingsgesag nader reeds vir dekades ander lande om beweerde misdadigers na Suid-Afrika uit te lewer om voor die hof te verskyn.

Volgens die appèlhof lê die mag om só ’n versoek te rig egter by die minister van justisie.

In Desember verlede jaar het die appèlhof beslis dat die NVG die mag van die Uitleweringswet van 1962 oorskry het.

Dít beteken dat alle uitleweringsversoeke wat deur die NVG gemaak is, nou as ongeldig betwis kan word.

Die uitspraak van die appèlhof word nou in die konstitusionele hof hersien, wat moet besluit of dit van krag bly en of dit terugwerkend van toepassing is op alle vorige versoeke.

Indien teen die NVG beslis word, kan talle beweerde misdadigers wat buite Suid-Afrika se landsgrense is aan regspraak ontkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Ander Nuus Artikels

V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou
Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op

Luister nou