Luister nou

Voormalige Transnet-hoofde op borgtog van R50 000 elk vrygelaat

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voormalige uitvoerende hoofde van Transnet, Brian Molefe en Siyabonga Gama is borgtog toegestaan in die Palm Ridge handelsmisdaadhof in Johannesburg.

Hulle het vroeër vandag saam met die voormalige finansiële hoof van Transnet, Anoj Singh en die ingenieur, Thamsanqa Jiyane is die hof verskyn. Die vier beskuldigdes is op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

Molefe en Gama het hulleself vanoggend aan die Brackendowns Polisie in die suide van Johannesburg oorgegee in verband met ‘n onreëlmatige lokomotief-tender ter waarde van R93-miljoen. Hulle staar aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die gesig.

Volgens berigte was ‘n maatskappy van die omstrede Gupta-familie glo betrokke by die tender.

Molefe het tydens vanoggend se sitting gevra dat hy op ‘n waarskuwing vrygelaat moet word omdat die staat, volgens hom, nie genoeg bewyse teen hom het nie.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou