Luister nou

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van polisie, Senzo Mchunu het erken dat hy verkeerd was toe hy die skoolhoof van die Bergview College, in Matatiele in die Oos-Kaap, as ‘n verdagte in ‘n verkragtingsaak van ‘n 7-jarige kind geïdentifiseer het.

Jaco Pieterse.

Die dogtertjie is glo in Oktober verlede jaar verkrag. Dié saak het egter onlangs opslae gemaak toe die kind se ma, ’n administratiewe beampte by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, haar tot TikTok gewend het, waar sy beweer het die skool probeer haar kind se verkragting toesmeer.

LEES OOK: Oos-Kaapse skool opdrag gegee om te deregistreer na verkragting

Mchunu het ‘n brief aan AfriForum se Privaatvervolgingseenheid gerig waarin hy om verskoning gevra het aan die eenheid se hoof, advokaat Gerrie Nel en die skoolhoof, Jaco Pieterse. Die privaatvervolgingseenheid verteenwoordig Pieterse.

Mchunu sê in die brief dat dit nooit sy bedoeling was om Pieterse, of enige ander rolspeler se naam sleg te maak nie.

Hy het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n verklaring wat op 29 Maart deur sy departement uitgereik is, waarin daar beweer word dat die polisie drie verdagtes, insluitend die skoolhoof, geïdentifiseer het. Volgens hom het hy sy goedkeuring vir die verklaring gegee op grond van inligting wat hy ontvang het.

LEES OOK: Minister van Polisie skuld Bergview College-hoof ’n verskoning

“Ek is egter later ingelig dat die inligting verkeerd was, en dit sal nou intern deur die Nasionale Polisiekommissaris hanteer word.”

Instapkaart-rekords, bywoningsregisters en ooggetuie-verslae het daarop gedui dat Pieterse nie naby die toneel was ten tyde die beweerde verkragting nie. Hy het in vroeër berigte gesê dat hy aaklige boodskappe vanuit verskillende oorde ontvang het, waarin hy as die verkragter bestempel word.

2 Responses

  1. Nee jou rasis! Dis omdat die hoof n wit vel het! Skande dat sy naam en repetasie
    Deur jou besoedel is! Jys n gewetenlose onbevoegde wat maandeliks geld van die staat ontvang. ! Karma gaan jou inhaal, jy is nie vlekloos nie maar donners onbevoeg vir jou pos!

  2. Die probleem lê egter by die politieke partye wat n rassekaart gegooi het. Fikile en Malema móét krimineel vervomg word vir hulle ongevraagde uitdagings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Luister nou