Luister nou

Die DA en EFF rig skrywe aan speaker oor die begroting

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA het die EFF se voorbeeld gevolg en aan die speaker, Thoko Didiza, geskryf waarin die party versoek dat die verslag van die fiskale raamwerk teruggetrek word.

Die DA se hoofsweep, George Michalakis, skyf in sy brief aan Didiza dat sou die stemproses vir die begroting vanmiddag in die parlement voortgaan, sal enige besluit wat geneem word as onwettig bestempel word.

Ook die EFF dreig met ‘n hofinterdik sou vanmiddag se stemproses voortduur, en sou die verslag nie teruggetrek word nie.

ActionSA en die IVP het gister die ANC se voorstel voor die oorsigkomitee oor finansies, gesteun om die verslag deur te druk, en indien dit vandag in die Nasionale Vergadering goedgekeur word, word die begroting in werklikheid van krag.

Die ANC het na verlede jaar se verkiesing nie genoeg steun om op sy eie die begroting deur te voer nie.

Die EFF meen in sy brief aan die speaker dat die verslag onwettig is omdat dit nie die nodige prosedures gevolg het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou