Luister nou

KleuterZone se beleggingsdividende vyf dae later steeds nie betaal nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Moneyweb berig dat die omstrede sake-onderneming, KleuterZone, teen 10 Maart nog nie beleggingsdividende vir Maart betaal het nie.

Dié publikasie sê hy het met agt beleggers gepraat wat gewoonlik teen die 7de van elke maand hulle opbrengste ontvang het.

Hulle is glo verlede week ingelig dat die onderneming nie die geld op die 7de kon uitbetaal nie omdat dit op ‘n Vrydag geval het – maar het onderneem om dit teen die 10de van dié maand te betaal – wat nie gebeur het nie.

Berigte is ook ontvang van eienaars wat nie hul huurgeld ontvang het nie met ‘n boodskap van die onderneming wat aangedui het dat die finansiële jaareinde daartoe gelei het dat dit vandeesmaand laat uitbetaal sal word.

LEES OOK: Kleuterzone dalk in die mark

Dit kom na die nuus gister dat die direkteur van die groep, Anthonie Bougas glo beoog om die groep te verkoop.

Dit volg nadat ’n kernfiguur in die groep se topbestuur, Kobus Schoeman, Sondagaand in ’n WhatsApp-boodskap gesê het ’n groot firma wil Kleuterzone in sy geheel oorneem.

Sedert die media begin vrae vra het oor die volhoubaarheid van die kleuterskoolgroep se sakemodel, het Bougas, glo die land saam met sy persoonlike assistent verlaat en bevind hy hom glo tans in Thailand.

Bougas se prokureur, Frederick van Zyl van Van Zyl Scheepers-prokureurs het intussen in ‘n e-pos aangekondig dat hy nie verder vir Bougas sal verteenwoordig nie en alle medianavrae na Bougas verwys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Ander Nuus Artikels

Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou
Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Luister nou