Nuwe syfers wys dat ondervoeding onder jong kinders in Gauteng steeds ’n groot bekommernis bly.
Volgens Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, is byna 130 kinders onder die ouderdom van vyf elke jaar weens wanvoeding in die provinsie dood. Die afgelope jaar is meer as 8 000 kinders vir wanvoeding in hospitale en klinieke behandel.
Hospitale wat die hoogste aantal gevalle aangemeld het, sluit die Steve Biko Akademiese Hospitaal en die Rahima Moosa Hospitaal in.
Volgens die DA se skadu-LUR vir gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, behoort dié wanvoedingsyfers ’n skerp wekroep vir staatsdepartemente, veral gesondheid en maatskaplike ontwikkeling te wees.
One Response
En die NG kerk skenk R250 000-00 aan Gaza se terroriste in opleiding.
Charity begins at home…….