Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Verslag: “SEB dwing SA ekonomie op sy knieë”

‘n Verslag oor die monetêre waarde van skade – wat deur Suid-Afrika se beleid van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (B-BSEB) veroorsaak word – is pas vrygestel.

Dié verslag is vanoggend gesamentlik deur die Vryemarkstigting en die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) uitgereik.

Volgens die SNI dien die verslag ook as gevraagde en tydige kritiek op president Cyril Ramaphosa se onlangse uitlating dat SEB-beleid nodig is en nié ekonomiese groei in Suid-Afrika belemmer nie.

Volgens die verslag beloop die jaarlikse koste van nakoming van SEB tussen R145- en R290-miljard. Dit verteenwoordig 2- tot 4% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP).

Hierdie las op ekonomiese groei lei tot ʼn jaarlikse aftakeling van 1,5- tot 3% in BBP-groei, en tot ʼn jaarlikse verlies van tussen 96 000 en 192 000 werksgeleenthede.

“Hierdie yslike ekonomiese koste is nie bloot die gevolg van nalatigheid of die blote swak toepassing van ʼn plan nie. Dit is doelbewuste regeringsbeleid wat dit veroorsaak,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die SNI, en mede-opsteller van die verslag. 

Sien die verslag hier:
THE COSTS OF B-BBEE

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

96d58afa-42a1-4c27-8099-22b1f3b5c92d

Vrot Vrystaatse munisipaliteit moet raad ontbind, beslis hof

Athol

Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

GuXXhRZWMAAYkBX

Speaker in die Tshwane-metro oorleef ‘n mosie van wantroue

MYj8olNR_400x400

DA-adjunkminister uit Ramaphosa se kabinet verwyder

Jacob-Zuma

Zuma bring ‘n hofaansoek teen sy skorsing uit die ANC

Ander Nuus Artikels

GAYTON
Gayton McKenzie: “Wit bevoorregting beteken nie dat reëls nie op jou van toepassing is nie”
sabc-news-Eugene-Modise-@ThswenaANC-1
Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes
Untitled design
Ramaphosa sê hy hoef nié te verduidelik waarom hy Whitfield as adjunkminister verwyder het nie
96d58afa-42a1-4c27-8099-22b1f3b5c92d
Vrot Vrystaatse munisipaliteit moet raad ontbind, beslis hof
Athol
Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende