Luister nou

Verslag: “SEB dwing SA ekonomie op sy knieë”

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Verslag oor die monetêre waarde van skade – wat deur Suid-Afrika se beleid van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (B-BSEB) veroorsaak word – is pas vrygestel.

Dié verslag is vanoggend gesamentlik deur die Vryemarkstigting en die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) uitgereik.

Volgens die SNI dien die verslag ook as gevraagde en tydige kritiek op president Cyril Ramaphosa se onlangse uitlating dat SEB-beleid nodig is en nié ekonomiese groei in Suid-Afrika belemmer nie.

Volgens die verslag beloop die jaarlikse koste van nakoming van SEB tussen R145- en R290-miljard. Dit verteenwoordig 2- tot 4% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP).

Hierdie las op ekonomiese groei lei tot ʼn jaarlikse aftakeling van 1,5- tot 3% in BBP-groei, en tot ʼn jaarlikse verlies van tussen 96 000 en 192 000 werksgeleenthede.

“Hierdie yslike ekonomiese koste is nie bloot die gevolg van nalatigheid of die blote swak toepassing van ʼn plan nie. Dit is doelbewuste regeringsbeleid wat dit veroorsaak,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die SNI, en mede-opsteller van die verslag. 

Sien die verslag hier:
THE COSTS OF B-BBEE

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou