Luister nou

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die kommissaris van die inkomstediens, Edward Kieswetter sê Suid-Afrikaners het sedert September verlede jaar byna R57-miljard uit hul spaargeld onttrek sedert die totstandkoming van die tweepot-aftreestelsel.

Hy sê byna 4-miljoen onttrekkings is tot op hede aangeteken met net minder as ‘n halfmiljoen belastingbetalers wat al twee keer van hul aftreegeld onttrek het.

Kieswetter sê die belasting wat die inkomstediens hieruit ingesamel het beloop ongeveer R15-miljard.

Hy het daarop gewys dat die tweepot-stelsel nie sonder probleme is nie, maar sê die stelsel handhaaf ‘n gesonde balans deurdat mense steeds vir hulle aftrede spaar terwyl hulle huidige ekonomiese uitdagings die hoof kan bied.

One Response

  1. Die ontrekking is van die swakste besluite wat ooit toegelaat was. Duidelik is dit nooit in belang van die mense geneem nie, maar eerder in die belang van die inkomsrediens geneem was.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Luister nou