Luister nou

Taakspan ondersoek moord op Emfuleni-amptenaar

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Politieke Moorde-taakspan ondersoek die moord op Martha Rantsofu, ’n finansiële amptenaar van die Emfuleni-munisipaliteit wat op 30 Maart in Vanderbijlpark doodgeskiet is.

Sy is volgens berigte by ’n bande-besigheid geskiet terwyl sy vir haar voertuig gewag het, en CCTV-beeldmateriaal wys hoe ’n onbekende man haar van agter genader en verskeie skote afvuur.

Die familie sê die saak is na die taakspan oorgeplaas omdat dit moontlik verband hou met ander munisipale moorde.

Die taakspan is reeds betrokke by verskeie hoëprofiel-ondersoeke, insluitend sake wat by die Madlanga-kommissie ter sprake is.

Die polisie sê die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie en die ondersoek duur voort.

ActionSA sê intussen hy is diep bekommerd oor berigte dat ’n beweerde fluitjieblaser in Emfuleni vermoor is.

Die party sê die voorval wys op ’n herhalende patroon in Suid-Afrika waar mense wat korrupsie en onreëlmatighede blootlê, onbeskermd bly.

ActionSA doen ’n beroep op die regering om wetgewing oor beskerming van fluitjieblasers dringend te versterk en deur die Parlement te laat goedkeur.

Gewilde Nuus

Padlangs

Kragdadigheid van ’n boer

Israel

7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

AfriForum

AfriForum ondersoek brandstofheffings self

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Ander Nuus Artikels

Aanlyn dobbel
SNI-verslag lê euwel van die aanlyn dobbelbedryf bloot
Fotokrediet: Weet
VN se armoede-indeks styg
Fotokrediet: EWN
Die ANC se dispuut word vandag aangehoor
Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

Luister nou