Luister nou

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Deur Seugnet van Zyl

’n Vrou in Noordwes was vandeesweek die jongste slagoffer van ’n plaasmoord, maar haar dood het in regeringskringe byna ongesiens verbygegaan.

Hannetjie van Zyl (55) is Maandagaand by hulle plaashek naby Ottosdal oorval en met ’n ysterpyp doodgeslaan.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê president Cyril Ramaphosa is absoluut afwesig as dit by plaasaanvalle en -moorde kom.

Van Zyl se aanval is die 22ste sedert Januarie vanjaar in Noordwes.

“Hier is nie ’n politieke wil as dit by plaasaanvalle en -moorde kom nie. Die vraag is: hoekom? Wanneer gaan plaasaanvalle en -moorde die politieke en veiligheidsprioriteit geniet wat die omvang en volgehoue aard daarvan vereis?”

Volgens Van Zyl was daar reeds sewe aanvalle en een moord (Van Zyl se moord) in Oktober.

“Ons praat hier van ’n absolute onsekerheidsfaktor van die grootste bate (boere) wat ’n land het. Die strategiese waarde van kos op die tafel kan nie ligtelik opgeneem word nie en ons regering  negeer dit.”

Ramaphosa het die moorde van die nege vroue aan die Oos-Rand in September as ’n nasionale krisis verklaar.

Van Zyl sê die regering skep ’n klimaat waarbinne mense amper ’n groen lig kry om hierdie plaasaanvalle en -moorde te mag pleeg.

“Dis totaal onaanvaarbaar. Dit wêreld moet kennis neem. Ons sit met ’n dubbelstandaard-regering. Ons sit met ’n regering wat nie plaasaanvalle en -moorde in die praktyk aanspreek nie, terwyl hy die verantwoordelikheid het om dit te doen. Alle burgers is volgens ons grondwet gelyk en almal verdien om gelyk hanteer te word.”

Die VF Plus versoek Ramaphosa om die werklikheid van plaasmoorde nou te erken en te veroordeel.

“Wanneer die regering en president Ramaphosa weier om die omvang van plaasaanvalle te erken en dit tot ’n prioriteitsmisdaad te verklaar, faal hulle in hul primêre grondwetlike plig om alle inwoners van Suid-Afrika te beskerm.”

Agri NW sê daar moet dringend anders gedink word oor misdaad op plase.

“Daar moet ook dringend aandag gegee word aan misdaadvoorkoming en die strafregstelsel, sonder om langer diplomaties en polities korrek daaroor te probeer wees. Daarvoor is daar te veel families en gesinne wat te gereeld geruk word deur die verlies van geliefdes,” sê Naudé Pienaar, uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW.

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-87-09-Okt-2026.pdf

Gewilde Nuus

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026

Fotokrediet: Adventure Life

Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Brandende motor - IOL

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Matrieks

Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners

Ander Nuus Artikels

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.
Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek
Internasionale Perspektief nuut
ANC se linkse vriende val een ná die ander
Grasland Nasionale Park 1
Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026
Fotokrediet: Adventure Life
Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Luister nou