Suid-Afrikaanse huishoudings se finansiële veerkragtigheid het in die eerste kwartaal van die jaar onder druk gekom, ondanks ’n verbetering op jaargrondslag.
Volgens die Altron FinTech-huishoudelike veerkragtigheidsindeks het die seisoensaangepaste indeks vir die sewende agtereenvolgende kwartaal gestyg tot 115,8%.
Dit is 15,8% bo die 2014-basis.
Op ’n kwartaalgrondslag het die indeks egter verswak, met private sektor-indiensneming, salarisse en huishoudelike verbruik wat afgeneem het.
Sowat ‘n 190 000 formele sektorposte is in die eerste kwartaal verloor.
Die indeks wys ook dat langtermynversekeringspolisse wat ingegee word, met 24,3% op jaargrondslag toegeneem het.
Dit dui daarop dat huishoudings langtermynspaargeld gebruik om korttermyn-inkomstegapings te oorbrug.
Altron FinTech se Johan Gellatly sê die verlies aan formele werk is die belangrikste faktor agter die verswakking.