Luister nou

Staatsamptenare se siekteverlof kos miljarde rand

Deur Pretoria FM Nuusspan

Amptelike regeringsdata dui daarop dat die koste van siekteverlof van staatsamptenare – wat na afloop van die Covid-19-inperkings weer terug is kantoor toe – die hoogte in geskiet het.

Nadat daar R8-miljard in 2020 aan siekteverlof bestee is – en R8,2-miljard in 2021 – het dit tot meer as R11-miljard  in 2022 gestyg toe die inperkings in geheel opgehef is.

In 2023 het dit effe terug gesak na R10,1-miljard.

Nasionale staatsdepartemente – wat die meeste amptenare in diens het – het die meeste geld in 2023 hieraan bestee – naamlik R3,1-miljard. Staatsdepartemente in Gauteng het R1,4-miljard in siekteverlof gekos, gevolg deur R1,3-miljard in KwaZulu-Natal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

OVK se verslag oor politieke befondsing bekend

Padlangs

Voel jy soos die ou troosprysie?

Dr. Corné Mulder

VF Plus: Groen gaan dít vir gemeenskappe doen

El Nino

Boere moet nou al beplan vir die sterkste El Niño nóg

Witkruismonument 3 - Lex Libertas

Drie slagoffers van plaasaanvalle op pad na Washington

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle
Fotokrediet: WikiWand
Partye sê hulle het reg op selfbeskikking
Fotokrediet: LekkeSlaap
Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei
Fotokrediet: The Citizen
OVK se verslag oor politieke befondsing bekend
Padlangs
Voel jy soos die ou troosprysie?

Luister nou