“SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”


Luister nou

Volgende

“SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”

AfriForum eis ‘n verduideliking van die Suid-Afrikaanse Uitsaai-korporasie (SAUK) nadat die Afrikaanse TV-nuusbulletin nie die afgelope Saterdagaand, 5 April ,soos gebruiklik om 18:15 op SABC2 uitgesaai is nie.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê die SAUK het nog geen verduideliking hiervoor gegee nie, en meen kykers is ontsteld oor die “minagting van die Afrikaanse gehoor se toegang tot nuus.”

Sy sê die organisasie is reeds sedert Augustus 2024 in gesprek met die openbare uitsaaier weens die verandering in tydsgleuwe van die Afrikaans nuusbulletins.

“Afrikaanse verbruikers is lojaal en kapitaalkragtig. Sowat ’n derde van die mark is Afrikaans. Dit maak dit nog meer onverstaanbaar dat die SAUK kies om hierdie mark te vervreem. Die SAUK kies spreekwoordelik om ’n gans te slag wat goue eiers lê,” sê Bailey.

Sy sê AfriForum wag op ’n verduideliking oor Saterdag se gebeure en moniteer intussen die situasie om seker te maak dat verdere onderbrekings nie plaasvind nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

“SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”


Luister nou

Volgende