Luister nou

“SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum eis ‘n verduideliking van die Suid-Afrikaanse Uitsaai-korporasie (SAUK) nadat die Afrikaanse TV-nuusbulletin nie die afgelope Saterdagaand, 5 April ,soos gebruiklik om 18:15 op SABC2 uitgesaai is nie.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê die SAUK het nog geen verduideliking hiervoor gegee nie, en meen kykers is ontsteld oor die “minagting van die Afrikaanse gehoor se toegang tot nuus.”

Sy sê die organisasie is reeds sedert Augustus 2024 in gesprek met die openbare uitsaaier weens die verandering in tydsgleuwe van die Afrikaans nuusbulletins.

“Afrikaanse verbruikers is lojaal en kapitaalkragtig. Sowat ’n derde van die mark is Afrikaans. Dit maak dit nog meer onverstaanbaar dat die SAUK kies om hierdie mark te vervreem. Die SAUK kies spreekwoordelik om ’n gans te slag wat goue eiers lê,” sê Bailey.

Sy sê AfriForum wag op ’n verduideliking oor Saterdag se gebeure en moniteer intussen die situasie om seker te maak dat verdere onderbrekings nie plaasvind nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Krokodil-header

Snoetkrokodil in die Vaalrivier gesoek

Fotokrediet: apa.za

Sirië beskuldig Israel dat hy sy lugmagbasis aanval

Fotokrediet: Colorado Clean Energy Fund

AfriForum waarsku Nersa oor sonkrag registrasie reëls

Peet Viljoen in hof HD

Peet Viljoen se borgtogaansoek misluk

GOOD-party - BuinsessTech - WEBP

GOOD wil ‘n permanente integriteitstribunaal hê

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Infrastructure News
Helen Joseph-hospitaal sluit sy ongevalle-eenheid
Fotokrediet: BBC
ChatGPT vir tieners
Wiandré Pretorius en verloofde
DNS-bewyse plaas sleutelfiguur op Mbense-moordtoneel
Krokodil-header
Snoetkrokodil in die Vaalrivier gesoek
Fotokrediet: apa.za
Sirië beskuldig Israel dat hy sy lugmagbasis aanval

Luister nou