Luister nou

ChatGPT vir tieners

Deur Marelize Maré

OpenAI het ’n nuwe weergawe van ChatGPT bekendgestel wat spesifiek vir tieners tussen 13 en 17 jaar ontwerp is, met strenger veiligheidsmaatreëls.

Die sogenaamde “ChatGPT for Teens” beperk onder meer gesprekke oor selfskade, geweld, eetversteurings en seksuele inhoud.

Dit sluit ook meer gereelde pouses, stil ure en ’n studiemodus in wat tieners deur vrae help om antwoorde self te verstaan.

Ouers kan hul kinders se rekeninge koppel en waarskuwings ontvang wanneer gesprekke oor hoërisiko-onderwerpe voorkom.

Menslike moderators hersien dié waarskuwings.

Die nuwe funksie kom te midde van toenemende regs- en regulatoriese druk op OpenAI ná verskeie regsgedinge oor die beweerde rol van ChatGPT in selfdoodgevalle onder jong gebruikers.

Gewilde Nuus

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

Luister nou