Sirië beskuldig Israel daarvan dat hy ’n lugmagbasis in die noordweste van die land aangeval het.
Siriese staatsmedia berig dat die Aboe al-Doehoer-lugmagbasis vroeg vanoggend deur verskeie lugaanvalle getref is.
Die aanloopbaan en bergingsfasiliteite is glo geteiken.
Volgens Siriese bronne het die aanvalle materiële skade aan die basis se infrastruktuur veroorsaak, maar geen sterftes of beserings is aangemeld nie.
Die basis is sedert 2012 buite werking en word tans deur magte van Sirië se departement van verdediging beskerm.
Israel het nie volgens berigte verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie.