Luister nou

Peet Viljoen se borgtogaansoek misluk

Deur Walter Ernst

Die omstrede eertydse prokureur, Peet Viljoen, se borgtogaansoek is in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria van die hand gewys.

Landdros Nica Setshogoe het beslis dat die verdagte nie daarin kon slaag om sy vrylating te regverdig nie.

Viljoen staan saam met sy medebeskuldiges tereg op sowat 400 aanklagtes van onder meer bedrog, diefstal en korrupsie.

Dit hou verband met die beweerde onwettige verkoop van munisipale eiendomme ter waarde van meer as R27 miljoen in 2010. 

Viljoen is in Junie uit die VSA gedeporteer nadat hy en sy eggenoot, Melany Viljoen, se toeristevisums verstryk het.

Hy is met sy aankoms by die O.R. Tambo Internasionale lughawe in Gauteng in hegtenis geneem.

Fotokrediet: Katlego Jiyane/EWN

 

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou