Luister nou

SA vierde op ranglys vir beleggings in Afrika

Deur Pretoria FM Nuusspan

Suid-Afrika is volgens die jongste RMB Where to Invest in Africa-indeks steeds vierde op die lys van Afrika se beste lande vir beleggings.

Die verslag beskryf Suid-Afrika as ’n finansiële sentrum, hoewel swak ekonomiese groei en sosio-ekonomiese uitdagings soos hoë werkloosheid en ongelykheid die land kniehalter.

Die Seychelle is nommer een, gevolg deur Mauritius en Egipte.

Die top kakaoprodusent, die Ivoorkus, het die land geword wat die meeste in die ranglys gevorder het en het ván die 16de plek na die top 10 geskuif, danksy beter toegang tot elektrisiteit, regeringspogings om uitvoere te verbreed en ’n fokus op plaaslike verwerking.

Aan die ander kant het Nigerië die grootste daling getoon, met nege plekke vanaf die vorige jaar, selfs al het president Bola Tinubu maatreëls ingestel om dié Wes-Afrika-ekonomie te hervorm.

Die indeks, saamgestel deur RMB en die Gordon Institute of Business Science (GIBS), rangskik 31 Afrikalande volgens bruto binnelandse produk en potensiële prestasie, marktoeganklikheid en skeppendheid, ekonomiese stabiliteit en beleggingsklimaat asook maatskaplike ontwikkeling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Fotokrediet: The Citizen

OVK se verslag oor politieke befondsing bekend

Padlangs

Voel jy soos die ou troosprysie?

Ander Nuus Artikels

Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings
Fotokrediet: AfriForum
Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle
Fotokrediet: WikiWand
Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Luister nou