Luister nou

SA Jagters vra dat definisie geskrap word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniginghet die Konstitusionele Hof gevra om ’n omstrede definisie van dierewelstand uit die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit te skrap.

Die saak is op 26 Mei aangehoor.

Volgens SA Jagters is die definisie vaag, onwerkbaar en ingesluit in die wet sonder behoorlike raadpleging met die sektore wat die meeste daardeur geraak word.

Die kern van die dispuut is dat die nuwe definisie regsonsekerheid kan skep en wettige aktiwiteite in bewaring, landbou, vissery en wildbedryf in die gedrang kan bring.

SA Jagters sê hy hoop dat die Konstitusionele Hof se uitspraak die praktiese werklikhede van bewaring en Suid-Afrika se demokratiese proses sal beskerm.

Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Nie almal is swemmertjies nie!
Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Luister nou