Suid-Afrika het die hoogste aantal gevalle van beroepsbedrog in Afrika suid van die Sahara aangeteken.
Volgens die jongste verslag van die Vereniging vir Gesertifiseerde Bedrogondersoekers, is ‘n 123 van die 397 sake wat in die streek aangeteken is, in Suid-Afrika geïdentifiseer.
Nigerië het 64 gevalle gehad en Kenia 33.
Die verslag toon dat korrupsie die algemeenste vorm van beroepsbedrog in die streek is, terwyl organisasies wêreldwyd na raming vyf persent van hul jaarlikse inkomste aan bedrog verloor.
’n Tipiese bedrogskema word ook eers ná sowat 12 maande ontdek.
Die forensiese maatskappy,RiXForensica sê die bevindinge beklemtoon die noodsaaklikheid van sterker beheermaatreëls, agtergrondondersoeke en noukeurige keuring van werknemers en verskaffers om bedrog eerder te voorkom as om later verliese te probeer verhaal.