Die DA het ’n kontantbeloning van R500 000 uitgeloof vir leidrade wat tot die suksesvolle vervolging van ’n vermeende reeksmoordenaar in die Ekurhuleni-metro kan lei.
Volgens die DA se burgemeesterskandidaat vir die metro, Khathutshelo Rasilingwane volg dié drastiese stap ná die onlangse moorde op agt vroue binne twee mande.
Gemeenskapslede word gemaan om alle leidrade by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te meld.
Volgens die party is ’n bewys van formele aanmelding by die polisie ’n vereiste om vir die uitbetaling te kwalifiseer, aangesien geen direkte wenke deur die party hanteer word nie.