Die polisie het berigte ontken dat ’n verdagte wat met die moorde op vroue in Ekurhuleni verbind word, na Potchefstroom verskuif het.
Die bewerings oor ’n groot polisie-operasie in die metro versprei wyd op sosiale media.
Die SAPD sê daar is geen amptelike verslag of klagte wat die bewerings bevestig nie.
Die polisiewoordvoerder Adéle Myburgh waarsku dat vals inligting die ondersoek kan benadeel en doen ’n beroep op die publiek om slegs amptelike SAPD-kommunikasie te vertrou.