Luister nou

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die hooggeregshof in Pretoria het bevind dat president Cyril Ramaphosa se besluit – om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te onderteken – op hersiening geneem kan word.

Dié uitspraak kom nadat die Raad van Gesondheidsfinansiers (BHF) die president se besluit – om dié wet te onderteken – voor die hof gedaag het.

Die hof het Ramaphosa opdrag gegee om die rekord van besluitneming binne 10 dae aan die raad te verskaf.

Die president en die minister van gesondheid is gelas om die koste van dié aansoek te betaal.

Intussen het Solidariteit die uitspraak verwelkom. Die netwerköordineerder van die mediese beroepe by Solidariteit, Peirru Marx sê die vakbond is verheug oor hierdie uitspraak.

“Dit is ‘n belangrike uitspraak en dit strook sonder twyfel met ons hofsaak waarin ons aanvoer dat die NGV-wet in sy totaliteit ongrondwetlik, onwettig en irrasioneel is,” het Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou