Luister nou

Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus sê die aangepaste begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, vanmiddag voorgelê het, is ‘n oorwinning vir veelparty-demokrasie in Suid-Afrika.

Die party se nasionale voorsitter en hoofwoordvoerder oor finansies, Wouter Wessels sê die begroting is ‘n sprekende voorbeeld oor hoe die regering van nasionale eenheid (RNE) wel ‘n groot invloed op regeringsbesluite kan uitoefen in die beste belang van al die inwoners van die land.

Hy sê die VF Plus is nog altyd gekant teen enige vorm van belastingverhogings en veral BTW is – volgens die party – ’n regressiewe vorm van belasting wat die grootste negatiewe impak op armes sou hê.

Intussen verwelkom ActionSA die bykomende R7,5-miljard wat aan die Suid-Afrikaanse inkomstediens toegedien is.

‘n ActionSA-LP, Alan Beesley sê deur die SAID van die nodige toerusting en hulpbronne te voorsien gaan dit vir die inkomstediens moontlik maak om jaarliks tussen R20- en 50-miljard meer in te samel.

Lae-inkomste huishoudings sou ‘n groter deel van hul besteebare inkomste aan verbruiksgoedere moes bestee. Dit is mense wat reeds sukkel om ‘n brood te kan bekostig en net ‘n hartelose regering sou volhard met só ‘n stap in die huidige swak ekonomiese klimaat.

LEES OOK: Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Solidariteit sê hy glo die derde poging tot ‘n nasionale begroting was nié die wag werd nie, en meen dit is nie iets om op trots te wees nie.

‘n Ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson meen hierdie begroting is grootliks ‘n voorsetting van dieselfde ekonomiese stompsinnigheid wat Suid-Afrika se ekonomie voorheen belemmer het en daarom sal die ekonomie ook, soos in die verlede, voortsteier.

Volgens Du Buisson was dit ‘n swak begroting.

AfriForum verwelkom intussen besnoeiings aan staatsbesteding, maar het benadruk dat die belastinglas steeds te hoog is. Volgens die organisasie was vandag se begrotingsrede ‘n stap in die regte ringting.

AfriForum sê alhoewel BTW nie verhoog is nie, is persoonlike inkomstebelasting in reële terme steeds hoër as ’n jaar gelede, aangesien belastingkerwe nie ooreenkomstig inflasie aangepas is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Luister nou