Luister nou

OVK: Bykans halfmiljoen registreer vir die eerste keer

Deur Walter Ernst

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê die kiesersregistrasienaweek bring die totale geregistreerde kiesers op die kiesersrol op 28,5 miljoen te staan.

Ván die 2,9 miljoen registrasies wat oor die twee dae verwerk is, is 477 174 mense wat vir die eerste keer geregistreer het.

Dit verteenwoordig 16% van die totale registrasie-aktiwiteit, wat ’n beduidende toename is vergeleke met die 1,7 miljoen registrasies wat in 2021 aangeteken is.

Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, het gesê dat die jeug in die ouderdomsgroep 16 tot 29 jaar, wat 80% van die nuwe registrasies verteenwoordig, ’n duidelike bewys is dat jongmense nie apaties is nie.

Meer as 2,5 miljoen registrasies is deur middel van die kieserbestuurstoestelle by registrasielokale afgehandel, terwyl 362 296 mense deur die aanlyn registrasieportaal geregistreer het.

Met betrekking tot die totale registrasies, is 57% van die registrasies deur vroulike kiesers gemaak, teenoor die 43% wat deur manlike kiesers.

Die meeste kiesersregistrasie is in KwaZulu-Natal aangeteken, gevolg deur die Oos-Kaap en Gauteng.

Mamabolo het ook aangekondig dat die tweede kiesersregistrasienaweek op 1 en 2 Augustus sal plaasvind.

 

 

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Luister nou