Luister nou

Orkaan Melissa tref Kuba

Deur Pretoria FM Nuusspan

Orkaan Melissa het in Kuba aangekom en is as ’n Kategorie 3-storm geklassifiseer.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum sê sterk winde van tot 193-kilometer per uur het die suidkus van die land getref.

Orkaan Melissa is as een van die kragtigste orkane in die Atlantiese Oseaan bestempel en het gisteraand verwoesting in Jamaika gesaai.

Die burgemeester van Montegobaai sê dat die een helfte van die stad in die noordweste van Jamaika deur vloedwaters van die ander kant afgesny is.

Die premier van Jamaika, Andrew Holness, het gister die eiland tot ’n rampgebied verklaar.

Hy sê daar is skade aan hospitale en verskeie eiendomme aangerig, nadat swaar reën tot oorstromings gelei het.

Melissa sal waarskynlik noordoos beweeg, die Bahamas later vandag kruis en daarna môre Bermuda bereik.

Die Nasionale Orkaansentrum sê dat Melissa effens verflou het tot ’n Kategorie 3-storm, met maksimum volgehoue winde van tot 205 kilometer per uur.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou