Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: Politieke partye reageer na begrotingsrede uitgestel word

Die EFF-leier Julius Malema sê die uitstel van die begroting dui daarop dat die regering van nasionale eenheid (RNE) in duie gestort het.

Dit kom nadat die begrotingsrede vroeër vanmiddag vir die eerste keer ooit uitgestel is. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza het aan parlementslede gesê dat dit uitgestel is na 12 Maart, omdat die RNE nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die begroting nie.

Die groot twispunt in die RNE is glo oor die beplande 2%-verhoging in die belasting op toegevoegde waarde.

Die VF Plus se dr Corné Mulder sê die RNE bly ernstig oor die toekoms van die land, en dat daar meer tyd nodig is die begrotingskwessies uit te stryk.

Hy sê die VF Plus steun die besluit om die begrotingsrede uit te stel.

LEES OOK: Blitsberig: Begrotingsrede vir die eerste keer ooit uitgestel

Die UDM sê die kabinet kan nie aan die parlement voorskryf of daar ‘n begroting voorgelê gaan word of nie, en dat parlementslede daaroor moes stem.

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê dit is die beste besluit om die begrotingsrede uit te stel omdat die RNE-lede nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die begroting nie.

Steenhuisen sê die voorgestelde styging in BTW van 15% tot 17% is een van die verskille waaroor RNE-vennote koppe stamp.

Hy meen die DA sal nie ’n begroting steun wat nadelig vir armes is nie. Steenhuisen sê die “historiese” uitstel van die begrotingsrede is ‘n aanduiding van die gewig wat die DA binne die RNE dra.

One Response

  1. Ek stem saam daar is darem polikieke partye wat arm volk van Suid Afrika voel en raak sien, wat die oorgrote meerderheid is, die ANC moet besef hulle het nie genoeg stem gekry nie, daarom is hulle in n RNE.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende