Luister nou

Ruik jy dit? Gautengers krap kop oor reuk in die lug

Deur Pretoria FM Nuusspan

8 Junie 2022

Die burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuur in Johannesburg, Michael Sun sê die metro is bewus van swak luggehalte in die stad nadat talle mense vanoggend met ‘n stank in die lug wakker geword het.

Sun sê die oorsaak van die reuk is nog onbekend, maar sê sy departement ondersoek die oorsaak. Hy sê sodra hulle moontlik agter die kap van die byl kom sal hulle inwoners inlig. 

GautengWeather het op Twitter gesê dat winde van Mpumalanga moontlik die reuk veroorsaak. Talle sosiale media-gebruikers probeer ook vasstel wat so ruik.  

Die slegte reuk in Gauteng is egter niks nuuts nie met die Wêreldgesondheidsorganisasie wat in 2013 bevestig het dat 20 000 Suid-Afrikaners in daardie jaar dood is weens lugbesoedeling. 

Ook in Februarie 2021 is Johannesburg oorval deur ‘n slegte reuk, wat deur lugbesoedeling veroorsaak is.

https://twitter.com/MissM40913904/status/1534508786760790017

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Polity.org.za

Schreiber gaan immigrasiebestuur verskerp

Fotokrediet: Moneyweb

Die rand versterk teenoor die Amerikaanse dollar

Fotokrediet: Friedrich Naumann Foundation

DA behou sy voorsprong in Johannesburg

Fotokrediet: The Citizen

OVK vra vir geduld terwyl verkiesingsuitslae verwerk word

Oliepryse daal - Die Kwêvoël

Oliepryse daal na VSA verkiesingsuitslae

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Japan Times
Dwelmgebruik: Moet dit ’n misdaad wees?
Plaasmoorde
AfriForum: 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde verklaar
Fotokrediet: Son
Statistiek SA gaan jongste arbeidsmagopname bekend maak
Fotokrediet: Polity.org.za
Schreiber gaan immigrasiebestuur verskerp
Fotokrediet: Moneyweb
Die rand versterk teenoor die Amerikaanse dollar

Luister nou