Luister nou

Salarisverhogings vir openbare ampsdraers goedgekeur

Deur Walter Ernst

President Cyril Ramaphosa het die salarisse van openbare ampsdraers in verskillende kategorieë met tussen 3,5% en 4% verhoog.

Die verhoging van 3,5% is van toepassing op lede van die nasionale uitvoerende gesag, lede van die Nasionale Vergadering en permanente afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies.

Dit geld óók vir premiers, lede van provinsiale uitvoerende rade en lede van provinsiale wetgewende liggame. Regters van die Konstitusionele hof, regters in ander howe asook landdroste kry ’n salarisverhoging van 4%.

Die salarisse van lede van die onafhanklike grondwetlike instellings sal ook met 4% styg.

Die woordvoerder van die presidensie Vincent Magwenya sê die besluit volg op aanbevelings deur die Onafhanklike Kommissie vir die Besoldiging van Openbare Ampsdraers.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Japan Times

Dwelmgebruik: Moet dit ’n misdaad wees?

Plaasmoorde

AfriForum: 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde verklaar

Fotokrediet: Son

Statistiek SA gaan jongste arbeidsmagopname bekend maak

Fotokrediet: Polity.org.za

Schreiber gaan immigrasiebestuur verskerp

Fotokrediet: Moneyweb

Die rand versterk teenoor die Amerikaanse dollar

Ander Nuus Artikels

Werkloosheid (1)
Werkloosheidskoers styg met 0.1% in 3e kwartaal
Fotokrediet: CalMatters
Meta gebruik KI om tieners op sosiale media te identifiseer
Fotokrediet: The Japan Times
Dwelmgebruik: Moet dit ’n misdaad wees?
Plaasmoorde
AfriForum: 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde verklaar
Fotokrediet: Son
Statistiek SA gaan jongste arbeidsmagopname bekend maak

Luister nou