Die minister van elektrisiteit dr. Kgosientsho Ramokgopa sê dat hy tydens ‘n vorige geleentheid onderneem het om elke keer ‘n mediakonferensie te hou as beurtkrag noodgedwonge ingestel moet word.
Vanoggend se mediakonferensie kom nadat Eskom gistermiddag aangekondig het hy tussen 16:00 en 22:00, gister, vandag en môre fase 2-beurtkrag moet instel weens die verlies aan kragopwekkingskapasiteit.
Die minister sê hierdie vlaag van beurtkrag sal nie ‘n verskil aan sy vooruitsigte vir kragvoorsiening in die winter maak nie. Hy het onlangs die kragvoorsiener se winterplan aangekondig.
LEES OOK: ‘n Beurtkraglose winter is ‘n moontlikheid, sê Eskom
Volgens hom gaan die kragvoorsiener 2025 se winter op ‘n baie beter plek in as ‘n jaar gelede. Hy sê teen Julie vanjaar, wanneer die land in die piektyd van die winter is, behoort al die eenhede by die Kusile-kragstasie reg te wees om tot die kragnetwerk gevoeg te word.
Hy sê Medupi se eenheid 4 bring ook nog 800 MW terug na die netwerk, ‘n “luuksheid” wat nie in die winter van 2024 beskikbaar was nie. Ramaokgopa het wel beaam dat hoewel hulle positief is dat beurtkrag nié die winter sal geld nie kan hoogstens fase 2-beurtkrag ingestel word indien nodig.
Hy sê die rede vir die jongste beurtkrag is dat dit langer gevat het om van die eenhede se instandhouding af te handel. Volgens hom moet mense besef dat beurtkrag wel kan voorkom en dat mense hulleself moet staal vir die moontlikheid.
“Beurtkrag teen enige fase is onaanvaarbaar,” sê Ramokgopa.
2 Responses
“dr” Ramokgopa, vra vir my
broer Jack…..
groot frustrasie wanneer dit beurtkrag is veral saans as mens nie al die nodige hulpmiddels en toeusting het of kan bybring finansieël. Hulle moet daaraan ook dink dat nie almal kan sonkrag of ander toerusting aankoop nie. wat van mense wat nie voorsiening kan maak nie?