Eskom sê hy kan beurtkrag hierdie winter vermy – vir die tweede jaar agtereenvolgens – mits sy onbeplande onderbrekings onder dertien-duisend-megaWatt bly.
Indien dit nie moontlik is nie, behoort beurtkrag gedurende die wintermaande – van Mei tot Augustus – tot Fase-2 beperk te word.
Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, Dan Marokane, het vanoggend tydens ‘n inligtingsessie gesê dat daar die afgelope jaar ‘n afname van nagenoeg 3 100 MegaWatt in onbeplande kragonderbrekings was.
Marokane sê die afgelope jaar kon Eskom daarin slaag om ‘n aanlegbeskikbaarheidskoers van 61% te handhaaf – in vergelyking met 25% die vorige jaar.