Luister nou

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Deur Seugnet van Zyl

Ná Lex Libertas se onlangse Witkruisprojek in Washington, D.C. het die vraag opgeduik oor waarom die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die VSA, Roelf Meyer, nie dié geleentheid bygewoon het nie.

Meyer het enkele dae voor dié geleentheid wel die opening van ’n  Suid-Afrikaanse groepuitstalling getiteld Ons is die goeie ouens (We are the good guys) deur Suid-Afrikaanse kunstenaars in Washington bygewoon. Die uitstalling handel oor die Afrikaners wat “vrees en segregasie in die oë kyk”.

In ’n aanlyn gesprek vroeër die week met Stefano Loudaros Forte, president van die New York Young Republican Club, praat Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, breedvoerig oor die Witkruisprojek wat gesamentlik deur dié twee organisasies op die been gebring is.

Volgens Roets het duisende mense in Washington na die 3 000 wit kruise ter bewusmaking van plaasmoorde in Suid-Afrika gaan kyk. Hy vertel in dié gesprek aan Forte dat hy vir Meyer na die openingsgeleenheid en konferensie uitgenooi het. Volgens Roets het Meyer in antwoord op die uitnodiging wat aan hom gestuur is, eers ’n vergadering met Roets versoek.

Roets verduidelik aan Forte dat hy ingestem het om met Meyer in sy kantoor voor dié geleentheid te gesels. Daar het hulle glo 90 minute lank gesels waarna Meyer na bewering aan Roets gesê het dat hy die geleentheid sal bywoon mits hy daar as spreker kan optree juis omdat hy die Suid-Afrikaanse regering in Amerika verteenwoordig.

Roets sê dan aan Forte dat hy vir Meyer gesê het dat dit disrespekvol teenoor die slagoffers van plaasmoorde sal wees as hy daar ’n spreukbeurt sou kry omdat hy voorheen bewusmaking oor plaasmoorde as “oordrewe” afgemaak het.

Meyer het op dié dag (26 September) wat die Witkruisprojek aan die publiek in Washington oopgestel is in ’n onderhoud met die BBC gesê die idee van ’n massiewe aanval op die wit Afrikanerminderheid in Suid-Afrika bestaan nie en bygevoeg dat sy identiteit as Afrikaner hom die gesag gee om dít te sê.

Hy sê in die onderhoud dat feite oor geweld in Suid-Afrika verkeerd voorgestel is. Meyer het ook ’n boodskap aan Afrikaners gestuur wat teen plaasaanvalle protesteer deur wit kruise in Washington neer te lê in die onderhoud.

“Dit help ons nie om buite ’n stem te laat hoor as ons nie daartoe verbind is om iets binne die land te doen nie.”

Roets sê dit wys net hoe uit voeling hy is oor wat mense van hom dink.

“Ek dink hy en ons regering onderskat regtig hoe Meyer deur sy eie mense verafsku word. Die slagoffers en oorlewendes van plaasmoorde is kwaad vir Meyer oor die rol wat hy gespeel om hierdie siening te skep.”

Nuusweek het na Meyer vir kommentaar uitgereik, maar hy het nog nie daarop gereageer nie.

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-87-09-Okt-2026.pdf

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026

Fotokrediet: Adventure Life

Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Brandende motor - IOL

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Matrieks

Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners

Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
ANC se linkse vriende val een ná die ander
Grasland Nasionale Park 1
Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026
Fotokrediet: Adventure Life
Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek
Brandende motor - IOL
Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Luister nou