Die Noordwes Universiteit in Potchefstroom het begin met die bou van Suid-Afrika se 11de mediese fakulteit, wat bekend sal staan as die Desmond Tutu School of Medicine.

Die sooispitgeleentheid is deur dié fakulteit se hoof – en vise-kanselier – Prof Bismark Tyobeka waargeneem.
Na verwagting sal die universiteit in 2028 sy eerste mediese studente inneem.
Volgens die universiteit sal dié ontwikkeling help om die tekort aan medici in Noordwes – en die res van Suid-Afrika – uit die weg te ruim.
Volgens die NWU sal die fakulteit aanvanklik die teoretiese afdeling van geneeskunde aanbied, maar hulle beplan om ook die Tshepong- en Klerksdorp-hospitale te betrek sodat die studente hulle prakties kan doen.
2 Responses
Nóg ‘n melkkoei wat die ANC kan gebruik om so ‘n ou ekstra inkomstetjie vir hulself te genereer.
Ek gaan steeds nie vir julle stem nie.