Luister nou

Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Deur Marelize Maré

Die vakbond, Solidariteit het in die Europese Parlement in Brussel gewaarsku dat toenemende raswetgewing, staatsverval en wat die organisasie as vyandigheid teenoor minderhede beskou, Afrikaners stelselmatig uit Suid-Afrika dryf.

Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans, het tydens ’n byeenkoms van Patriots for Europe gesê ras het volgens hom weer ’n sentrale rol in staatsbeleid gekry deur wetgewing, regulasies, teikens en kwotas.

Hy het veral kritiek uitgespreek teen die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming, wat volgens hom voorsiening maak vir rasse-teikens in verskeie beroepsektore.

Kleynhans het ook aangevoer dat rasbeleid ekonomiese groei en werkskepping benadeel.

Hy het verder gewaarsku dat staatsverval en hoë vlakke van geweld, insluitend plaasaanvalle, vertroue in die land se toekoms ondermyn.

Kleynhans sê Solidariteit wil hê raswetgewing moet beëindig word, moedertaalonderrig en gemeenskapsinstellings beskerm word en dat selfbeskikking as ’n demokratiese strewe erken word.

Gewilde Nuus

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Siviwe Gwarube by podium

Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube

Ander Nuus Artikels

Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog
Fotokrediet: Maroela Media
Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou
Fotokrediet: Michalsons
AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

Luister nou