Luister nou

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Deur Esmarie Yssel

Die berig bevat sensitiewe inhoud

Die DA-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, het strafregtelike klagtes by die polisie gelê, nadat ’n polisiehond, genaamd Sky, ernstig by die SAPD se dierehospitaal in die Roodeplaat-omgewing beseer is.

Die 5-jarige Belgiese Herdershond is in brandstigtingsopsporing opgelei. Cameron sê sy ervaar ernstige angs wanneer sy in ’n hok toegemaak word en dat die bestuur van die veterinêre instelling herhaaldelik – maar sonder ingryping – daarvan verwittig is.

Sky het veelvoudige beenbreuke en snywonde aan haar gesig en been opgedoen wat tot ernstige bloedverlies gelei het, nadat haar been gister in die hok se hek verstrengel geraak het.

Sy is na die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal, noord van Pretoria, geneem vir noodbehandeling.

Sy is op dié stadium nog aan ‘n asemhalingsbuis gekoppel en veeartse sal haar eers kan opereer, sodra haar toestand verbeter.

Cameron het die saak ook by die Nasionale Dierebeskermingsvereniging asook by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad aangegee.

Hy het versoek dat die instelling asook sy hokveiligheid, na-uurse toesig en sy veterinêre standaarde ondersoek word, maar dat die optrede van diegene wat vir Sky se sorg verantwoordelik was ook ondersoek moet word.

“Diegene wat verantwoordelik is, moet geïdentifiseer word. Indien die bewyse vervolging regverdig, mag range geen beskerming bied nie,” het Cameron gesê.

Gewilde Nuus

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Siviwe Gwarube by podium

Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog
Fotokrediet: Maroela Media
Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou
Fotokrediet: Michalsons
AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

Luister nou